ATTSA

ATTSA

Share

ATTSA is ’n weldaadorganisasie wat gemeenskappe versterk deur hulp met hart. Saam bou ons hoop en ’n beter toekoms. 💚

Ons ondersteun mense en omgewings deur welsyn, gesondheidsorg, behuising, opvoeding en die bevordering van Afrikaanse taal en kultuur.

02/10/2026

💙 Ons hart klop vir ons gemeenskap!

Vir ons kinders wat ’n veilige plek verdien om te leer en te groei. Vir ons bejaardes wat liefde, waardigheid en geselskap nodig het. Vir gesinne wat deur moeilike tye gaan en ’n helpende hand nodig het.

By ATTSA lê elkeen van hierdie mense ons na aan die hart.

Hierdie Vrydag sê ons dankie aan elke skenker, vrywilliger en vennoot wat saam met ons hoop bring. Elke bydrae, elke uur en elke gebaar van omgee maak ’n verskil.

Wil jy ook help? Stuur vir ons ’n boodskap om jou tyd, vaardighede of ’n skenking aan te bied.

Mag jou naweek vol rus, liefde en klein goedhartighede wees.

28/09/2026

Omdat elke kind ’n veilige begin verdien.
Omdat ’n gesin in nood soms net iemand nodig het wat sê: “Ons stap saam met julle.”
Omdat ons bejaardes steeds waardigheid, ondersteuning en liefde verdien.
Omdat gemeenskappe sterker word wanneer mense besluit om nie net raak te sien nie — maar betrokke te raak.

Dít is waarom ATTSA NPC bestaan.

Ons werk saam met mense en projekte wat elke dag ’n verskil maak. Ons help om hande sterker te maak, hulpbronne bymekaar te bring en ondersteuning te gee waar dit die nodigste is.

Hierdie Maandag vra ons jou nie net om ons werk raak te sien nie.
Kom word deel daarvan.

Besoek www.attsa.org
Skenk | Word ’n vrywilliger | Borg | Verwys

Want wanneer ons saam omgee, kan hoop hande en voete kry.

21/09/2026
18/09/2026

By ATTSA NPC glo ons dat ware verandering begin wanneer mense bereid is om hande te vat.

Elke dag werk ons saam met gemeenskappe om hoop prakties te maak – deur ondersteuning aan kinders, gesinne en bejaardes, asook projekte wat fokus op opleiding, vaardigheidsontwikkeling en werkskepping.

Soms begin ’n beter môre met iets klein: ’n helpende hand, ’n geleentheid, ’n vaardigheid wat aangeleer word, of iemand wat eenvoudig sê: “Ons sien jou. Ons stap saam met jou.”

Dankie aan elke persoon, onderneming en ondersteuner wat deel is van hierdie reis.

Saam bou ons beter gemeenskappe. Saam skep ons moontlikhede.

🌐 www.attsa.org
📧 [email protected]

17/09/2026

MEER AS ’N PLEEGHUIS… ’N TUISTE VOL LIEFDE

By Lyt-Care in Centurion, gaan dit oor soveel meer as net ’n dak oor ’n kind se kop. Dit gaan oor ’n plek waar kinders veilig kan voel, waar hulle kan lag, leer, groei en sommer net kind kan wees.

Van koekies bak en verjaarsdae vier, tot uitstappies, nuwe vaardighede aanleer en gewone alledaagse oomblikke saam – elke ervaring help bou aan selfvertroue, herinneringe en ’n gevoel van behoort.

Hier word daar nie net na kinders omgesien nie…hier word ’n familie gebou.

Elke persoon wat Lyt-Care ondersteun, word deel van hierdie verhaal. Jou donasie, jou tyd, jou vaardighede of selfs net die deel van ons boodskap kan ’n verskil in ’n kind se lewe maak.

Liefde. Veiligheid. Groei. Familie. Gemeenskap.

Saam kan ons vir hierdie kinders ’n beter môre help bou.

15/09/2026

🚴‍♂️ THE LEGS DID THE PEDALLING… NOW LET’S GIVE THIS FUNDRAISER ONE LAST PUSH! 💛

Backing the Littles has raised **R38 300 towards their R40 000 goal** — just **R1 700 to go!** 🎉

🏁 **THE CHALLENGE: Can 17 people donate R100 each to get us over the finish line?**

No cycling shorts required. No hill climbs. Just a few clicks and a big heart! 😉

Ready to accept?
💛 Donate R100 — or any amount you can.
💬 Comment **“CHALLENGE ACCEPTED!”**
🙌 Tag a friend to join the final push!

Your support helps create safe spaces, build skills and open doors to brighter futures for children. Every rand counts. Every share helps.

👇 **Click the BackaBuddy link and help change a child’s life:**
https://bit.ly/back-the-littles-movement

**Who’s taking the first spot on our team of 17?**

15/09/2026

ENNN...hulle is terug! Seer bene maar gesonde harte!

Backing The Littles Movement Nogmaals dankie vir julle onbaatsugtige gebaar om in te spring en julle gemeenskap te help!

Ons waardeer julle.

This year, every Backing the Littles team member received an incredible handcrafted keepsake.

A special reminder of the miles travelled, the challenges overcome and the lives we rode to change. 💙🚴‍♂️

A massive thank you to Louis Olivier from HOUDT for every late-night shift, every fine detail and the incredible effort that went into creating these perfect pieces for our team.

Your craftsmanship made each one truly special, and we will treasure them for years to come.
Thank you for backing the littles! We cannot wait to see what next year has in store. 🙌

Photos from Backing The Littles Movement's post 13/09/2026

Ongelooflik dankbaar en baie dankie!

Photos from Backing The Littles Movement's post 12/09/2026

Dag 2 agter die rug...Ons is trots op julle elkeen Backing The Littles Movement

11/09/2026

MEET THE TEAM 🚙📸

We’ve saved the best for last, our two incredible support vehicle members!

They’ll keep us safe on the road, make sure we eat enough, and capture the unforgettable moments, photos and stories along the way.

We salute you! It’s a privilege knowing we’re in such capable hands throughout this journey.

Tomorrow, the journey begins! 🚴‍♂️💙

Watch this space,the adventure is about to start!

Want your organization to be the top-listed Non Profit Organization in Centurion?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Telephone

Address

Centurion Office Park, 265 Von Willich Avenue
Centurion
0157

Opening Hours

Monday 08:00 - 17:00
Tuesday 08:00 - 17:00
Wednesday 08:00 - 17:00
Thursday 08:00 - 17:00
Friday 08:00 - 14:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when ATTSA posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Subscribe

We will notify you when anything happens in Centurion.