SumMore

SumMore

Share

Sumari le Roux het grootgeword op Hendrina in Mpumalanga en het na skool skoonheidsterapie gestudeer by Aesthetika in Pretoria.

Sy is getroud met Lorenzo en het 2 dogters: Carla en Lisa. Hulle verruil later die stadslewe vir die mooie dorpie George in die Tuinroete. Einde 2017 het sy sensasie in haar voete en hande begin verloor, en vroeg Januarie 2018 is sy gehospitaliseer met verlamming in haar bene en arms. Na weke se toetse en behandeling word sy gediagnoseer met POEMS sindroom (neuropatie) en multiple Myeloma kanker. Na 128 dae in die hospitaal in rehab, keer sy terug huis toe waar sy amper niks vir haarself kon doen nie. Verlam in haar bene en arms en hande en so so verswak dat sy nie ‘n potlood kon vashou, haarself kon was of aantrek nie. Die hele gesin se lewe is so verander. Haar man moes die huishouding oorneem en kinders moes help waar hul kon. Na maande se chemoterapie, gebede en ondersteuning het haar arms en hande se senuwees stadig begin herstel. Teen einde 2018 kon sy haarself weer versorg en met ‘n rolstoel hanteer. Op 29 Januarie 2020 ondergaan sy n stamseloorplanting in die Kaap waar sy vir 3 maande deur haar skoonsuster Sariaan versorg en op die hande gedra is. In die hospitaal help die fisioterapeut haar om met behulp van haar knieë en arms en loopraam op te staan...al het se nogsteeds geen gevoel in haar voete nie. Die herstel en genesingproses na die oorplanting was stadig. Daar was baie dae wat die lewe so donker was, dat sy gevoel het dat haar lewe niks meer werd is nie. Met die krag en genade van die Here het Hy weer vir haar nuwe betekenis gegee, en het sy stadig maar seker geleer om haarself te hanteer in haar rolstoel, self te bak en brou en huistake te doen. Sy ontdek ‘n passie vir kleiwerk en pottebakkery, en begin eksperimenteer met nuwe resepte in die kombuis - sommer so vanuit die rolstoel! Uit al die gebak en geproe neem sy ‘n besluit om ‘n besigheid te begin en tuisgebak te verkoop. Haar gebed was: “Here nou moet U my help...ek gaan doen wat ek menslik self kan doen, doen U die res...ek gaan net op U vertrou. Die lewe het nuwe sin en betekenis vir my. Ek het geleer om niks as vanselfsprekend te aanvaar nie, wil ander bemoedig en help, waardeer die klein dingetjies in die lewe en is dankbaar vir soveel genade. Dan is daar elke dag Hoop!”

Deesdae bied sy SumMore se klasse aan die tuinroete, en leer mense hoe om 6 soorte kaas te maak, hoe om met soetsuurdeeg te bak, hoe om self geskenke te maak, en nog baie meer! Sy is so opgewonde om hierdie nuwe jaar aan te durf met die hulp van die Here. Na Dertig jaar se huwelik, en die grootmaak van twee beeldskone dogters, is Sumari reg vir die uitdagings. Bespreek gerus 'n klas by haar by 0832930268 - dit is n belewenis!

Photos from SumMore's post 23/09/2026

Hierdie studente mag maar trots wees op hul 1ste sourdough gebak! Geskenkmooi ***

19/09/2026

Another fun filled sourdough workshop with lovely people. It is so good to also have young people learning the skill of baking with sourdough. Thank you for everyone attending the Saturday class making your own bread and learning that sourdough could be enjoyed in many different recipes..Contact Sumari at 0832930268 for the next sourdough, cheese and yoghurt workshops in your area.

19/09/2026

Wanneer n yoghurtklas entoesias sulke mooi labneh maak...dis mos geskenkgehalte...lyk heerlik daarby.

12/09/2026

Wat n klomp vrolike mense bymekaar wat die yoghurt en maaskaasklas in Mosselbaai bygewoon het...sommer paar selfopgemaakte terme by entoesiaste geleer...soos yoghurt kultuur staan nou bekend as "stoffies".
Dit was Bulgaarse yoghurt op die spyskaart geproe saam met sourdough granola, daarna dik Griekse yoghurt, gevolg deur spesery gegeurde labneh kaasballetjies in olyfolie...n oulike unieke geskenk en maaskaas met sourdough crackers bedien op n kaasbord met verskillende speserye en geurmiddels. Baie dankie aan elke gas wat so lekker kom saam lag, leer en kuier het...kom kuier gerus weer met n volgende kaas of sourdoughklas. Geniet jul nuwe stokperdjie. Dankie aan Crazy W**e & Deli vir jul venue en gasvryheid..

Photos from SumMore's post 11/09/2026

Dit maak my so bly om sulke foto's te kry. Marlisa Prinsloo kuier by haar kinders in Engeland en sy het hul gaan leer om met sourdough te werk en ook kase(mozzarella) te bemeester. Hierdie sourdough pizza met tuisgemaakte mozzarella lyk heerlik. Ek geniet dit so om my klasse aan te bied en entoesiaste kan saam met hul families aanhou met sourdough, kase en yoghurt maak.

Photos from SumMore's post 05/09/2026

Almal het geroer en hul armoefening ingekry met die meng van hul eie sourdoughbrode. Baie dankie Amoray en Christa met jul groep vriendinne wat saam kom kuier het by die sourdoughwerkswinkel by Oasis Café in Mosselbaai. Hoop jul bak lieflike brode en eksperimenteer met klomp ander discard resepte.

Photos from SumMore's post 04/09/2026

Nog n heerlike yoghurtkuier saam met vrolike mense! Baie dankie vir elkeen wat kom leer het om Bulgaarse, Griekse yoghurt en Labneh kaas te maak. Dankie aan Crazy W**e en Deli vir jul gasvryheid en goeie diens.

Photos from SumMore's post 02/09/2026

Wanneer die studente trots is op hul eie sourdoughbrode tuis👌🍞...maak my hart so bly as hul dit so geniet!

02/09/2026

Wanneer n yoghurt student sommer braaf is en n volle 2 liter in n 3liter houer maak...heerlik dik gestolde Bulgaarse yoghurt. Griekse yoghurt is nog meer gekonsentreerd en dikker. Kom leer om dit self te maak met Bifidobakteria als ingesluit by jou yoghurtkit vir R350. Yoghurtkultuur vir 20 liter yoghurt.

Bespreek vir die volgende klas in Mosselbaai 12 September om 9:30 by Sumari 0832930268.

Want your school to be the top-listed School/college in George?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Category

Telephone

Website

Address

George
George