Mabra Baking
Welkom in my kombuis! Ek bak met liefde, deel my eie resepteboek, en gee klasse in Royal Icing koekies, klein koekies en beskuit.
Kom bak saam en kweek so jou liefde vir die kombuis.
10/10/2026
Kokkedoor laat my anders na kos kyk.
Wat ñ ongelooflike journey.
Barbara Kemp
09/10/2026
So tikkie van my mens wees.
❤️❤️❤️❤️
Kokkedoor het ons weereens laat besef dat ons genoeg is en dat ons nooit moet op hou droom nie.
lê my baie na-aan die hart.
Behalwe rugby is ons TV permanent op kanaal 144. Vandag is ek so opgewonde dat ek ook so klein bietjie deel kan wees van dit.
My man, my kinders, kleinkinders, familie en vriende is my grootste ondersteuners en daarom sê ek dankie.
Maar die grootste hier is ons Hemelse Vader. Ek sou dit sowaar nie kon doen sonder Hom aan my sy nie.
Dankie Dankie Dankie Here 🙏
Ek is vir julle almal lief!! ❤️❤️❤️
Barbara Kemp
Chris Kemp
𝐁𝐚𝐫𝐛𝐚𝐫𝐚 𝐊𝐞𝐦𝐩 | 𝐎𝐧𝐭𝐡𝐨𝐮𝐤𝐨𝐤
𝐎𝐮𝐝𝐞𝐫𝐝𝐨𝐦: 61
𝐕𝐚𝐧: George, Wes-Kaap
𝐁𝐞𝐫𝐨𝐞𝐩: Afgetree maar bedryf Mabra Baking
Barbara Kemp se ma het geglo ’n kind verlaat nie die huis voordat sy kan kook, naaldwerk doen, brei en hekel nie. Dié praktiese lesse leef vandag voort in Barbara se kombuis en handewerk. Aftrede het beslis nie beteken dat sy ook haar voorskoot opgehang het nie.
Met Mabra Baking deel sy haar bakvernuf en bied kolwyntjieversieringsdemonstrasies aan. Sy het ook ’n resepteboek wat sy op Facebook bemark. Om mense iets te leer of met ’n eetding te bederf pas by haar liefde vir geselskap en haar moeilik-stilsit-geaardheid.Barbara is in Douglas gebore as een van ’n tweeling en het op verskillende plekke in die land grootgeword. Later het sy die liefde Zambië toe gevolg. Vandag woon sy en Chris in George, met ’n groot saamgestelde familie wat ’n belangrike plek in haar lewe inneem. Sy is ma van drie seuns, ’n trotse skoonma en ouma, en verwelkom ook Chris se kinders en kleinkinders as haar eie mense.
Haar ma se gasvryheid het haar kookstyl gevorm. Daar was dikwels mense aan tafel, en die vreugde waarmee haar pa die kos geniet het, het ’n blywende indruk gemaak. Barbara sien haar eie kosmaak as ’n voortsetting van daardie familietradisie.
S***e lê haar na aan die hart. Haar broer het immers sy sous-onderneming in ’n motorhuis begin.
Met 𝐾𝑜𝑘𝑘𝑒𝑑𝑜𝑜𝑟: 𝐾𝑙𝑎𝑠𝑠𝑖𝑒𝑘 wil sy wys wat liefde en verbeelding met ’n tradisionele gereg kan doen. Sy bring kalmte, ’n grappie wanneer dit nodig raak en die oortuiging dat sy steeds nuwe dinge oor haarself kan ontdek.
08/10/2026
Wat ñ fantastiese belewenis.
𝐓𝐰𝐢𝐧𝐭𝐢𝐠 𝐤𝐨𝐤𝐤𝐞 𝐯𝐢𝐞𝐫 𝐒𝐮𝐢𝐝-𝐀𝐟𝐫𝐢𝐤𝐚 𝐬𝐞 𝐤𝐨𝐬𝐞𝐫𝐟𝐞𝐧𝐢𝐬 𝐢𝐧 𝐊𝐨𝐤𝐤𝐞𝐝𝐨𝐨𝐫: 𝐊𝐥𝐚𝐬𝐬𝐢𝐞𝐤
kykNET se geliefde koswerklikheidsreeks keer terug na sy wortels met Kokkedoor: Klassiek, waarin tien onthoukokke en tien kinkelkokke hul kragte saamspan om tradisionele kos ’n nuwe baadjie te gee. Die reeks van 13 episodes begin op 5 November.
Die 20 deelnemers bring uiteenlopende lewensverhale, beroepe en kombuis-ervaring saam. Die groep wissel in ouderdom van 24 tot 67 jaar.
Van rekenmeesters en ’n onderwyseres tot bakkers, spyseniers en professionele sjefs – dié kokke deel ’n liefde vir kos en die mense en herinneringe wat daarmee saamgaan.
𝐃𝐢𝐞 𝐭𝐢𝐞𝐧 𝐨𝐧𝐭𝐡𝐨𝐮𝐤𝐨𝐤𝐤𝐞 𝐢𝐬:
- Milandré Braaf (31) van Groblershoop, Noord-Kaap
- Stephanie Grobbelaar (46) van Centurion, Gauteng
- Dewald Herbst (36) van Robertson, Wes-Kaap
- Ansebé Pieterse (61) van Montagu, Wes-Kaap
- Barbara Kemp (61) van George, Wes-Kaap
- George von Berg (35) van Pretoria, Gauteng
- Diana Bibbey (53) van Thabazimbi, Limpopo
- Elsie Botha (57) van Struisbaai, Wes-Kaap
- Chanél Cloete (27) van Jeffreysbaai, Oos-Kaap
- Jeanette Relling (67) van Mbombela (Nelspruit), Mpumalanga
𝐃𝐢𝐞 𝐭𝐢𝐞𝐧 𝐤𝐢𝐧𝐤𝐞𝐥𝐤𝐨𝐤𝐤𝐞 𝐢𝐬:
- Kheenan Douman (36) van Elsiesrivier, Kaapstad, Wes-Kaap
- Ruan Swanepoel (27) van Table View, Kaapstad, Wes-Kaap
- Douglas Botha (24) van Wellington, Wes-Kaap
- Hanroe Erasmus (45) van Secunda, Mpumalanga
- Mishka Brink (24) van die Paarl, Wes-Kaap
- Karen du Plessis (60) van Swellendam, Wes-Kaap
- Maradine Whitehorn (44) van Fourways, Johannesburg, Gauteng
- Zani Bormann (44) van Linden, Johannesburg, Gauteng
- Janie Lottering (36) van Gqeberha, Oos-Kaap
- Paul Theron (44) van Durban, KwaZulu-Natal
02/10/2026
Heather Park
George
So oulike video wat jy gemaak het.
Ek moet dit net weer share. ❤️❤️
Barbara Kemp
10/09/2026
❤️ HELP MY OM ’N DROOM WAAR TE MAAK ❤️
Ek maak my Mabra Baking-resepteboek digitaal beskikbaar met ’n baie spesiale doel.
Deur die digitale resepteboek aan te koop, help jy my om ’n kind die geleentheid te gee om SA’s by te woon en ’n besondere ervaring te beleef. 🌸
Elke aankoop sal my help om hierdie droom ’n werklikheid te maak. ❤️
📖 Digitale resepteboek – R150
Jy kry ’n boek vol lekker resepte, en terselfdertyd help jy om ’n verskil in ’n kind se lewe te maak.
Koop ’n boek. Bak iets lekker. Maak ’n verskil. 🩷
Vir bestellings of meer inligting, stuur my gerus ’n WhatsApp. 0828540550
🙏 Baie dankie vir elke bestelling, elke deel en elke stukkie ondersteuning.
14/06/2026
Nog ñ amazing cupcake klas by SA Baking Supplies met ongelooflike hartsmense in George
Barbara Kemp
Click here to claim your Sponsored Listing.
Category
Contact the business
Website
Address
0000
Alerts
Be the first to know and let us send you an email when Mabra Baking posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.