Die Landbougesprek
Bly hier op hoogte van snitte wat op RSG Landbou uitgesaai word. *Nie die amptelike RSG-blad nie.
In order to adhere to the Protection of Personal Information (POPI) Act, 2013 (Act 4 of 2013) we hereby notify all users of our pages that by participating in posts through likes, comments, etc, you are consenting to your information (profile) being visible on our page. Should you elect to continue participating in this manner, we accept that you are consenting to being a part of this page and to your personal account information being noticeable to any other person on this page. You may at any stage withdraw from participating and you may unlike a page at any time. For more info about our privacy policy and the POPI regulations click here: https://www.agriorbit.com/privacy-policy/
01/10/2026
In vandag se aflewering van RSG Landbou:
Die bekende kuddeveearts, dr Danie Odendaal van Veearts Netwerk, werk nou saam met veeartse, boere en produsente-organisasies om die veilige gebruik van bek-en-klouseer entstof in kommersiële melk- en vleisbeeskuddes te evalueer. Voerkrale en selfs kommunale kuddes is by die gestruktureerde veldmoniteringsprogram ingesluit. Hy gee vir ons terugvoer oor hulle waarnemings.
Ons hoor ook wat Chris Derksen oor hierdie week se vleispryse te sê het en Johan van den Berg gesels weersake.
Klik op die skakel in die kommentaarafdeling om na die uitsending te luister! 👇
30/09/2026
In vandag se aflewering van RSG Landbou:
‘n Gesogte internasionale appelkultivar het hierdie maand sy buiging op winkelrakke gemaak. Maar waarom nóg ‘n appelsoort? Calla du Toit van Tru Cape Vrugtebemarking verduidelik.
Ons gesels met Johan Mouton van Molatek oor hoe ‘n dier se kondisie haar reproduksie beïnvloed. Hy verduidelik ook hoe kondisie gemeet word.
Ons maandelikse internasionale landbounuus kom ook aan die beurt. Ons hoor onder meer van die vryhandelsooreenkoms tussen Nieu-Seeland en Indië, asook hoe duisende Roemeense boere in Boekarest betoog het teen die EU se verbod op die uitvoer van lewende diere.
Klik op die skakel in die kommentaarafdeling om na die uitsending te luister! 👇
Tru-Cape Fruit Marketing Molatek
29/09/2026
In vandag se aflewering van RSG Landbou:
Wat is die praktiese verskil tussen eienaarskap van ‘n vuurwapen en die wettige besit en gebruik daarvan? ‘n Onlangse uitspraak van die Hooggeregshof gee nou groter regsekerheid oor die hantering van vuurwapens waarvan lisensies verval het, asook vuurwapens wat deel van bestorwe boedels vorm. Dr Herman Els van Natshoot gesels met ons hieroor.
Die plant van ‘n pampoen vir die jaarlikse pampoenkompetisie sluit ‘n hele paar belangrike faktore in. Dis nou tyd om vir die 2027-kompetisie te plant, en Henri Combrink van die Cullinan-tak van TLU SA gee raad.
Klik op die skakel in die kommentaarafdeling om na die uitsending te luister! 👇
Natshoot Goliat van G*t Pampoenfees TLU SA
28/09/2026
In vandag se aflewering van RSG Landbou:
Die toekenningsfunksie van die 29ste Samic Nasionale Karkaskompetisie het vanjaar weereens die gehalte van die karkasse wat Suid-Afrikaanse veeprodusente lewer, in die kollig geplaas. Ons het daar met ‘n paar van die wenners gesels. Tom Westphal van Samic vertel ook van hul toekomsplanne en Lubbe Jacobs van die Suid-Afrikaanse Vetveebeoordelaarsvereniging, Safja, praat oor die waarde van hulle deelname.
Die SA Knoffelkwekersvereniging se voortbestaan is onder druk en een van die onderwerpe by hulle konferensie op 15 Oktober, is alternatiewe maniere om inkomste te genereer. Corrie Bezuidenhout vertel ons meer.
Moet ook nie hierdie week se landbounuus misloop nie.
Klik op die skakel in die kommentaarafdeling om na die uitsending te luister! 👇
SA Garlic Growers Association
24/09/2026
In vandag se aflewering van RSG Landbou:
Dit is reeds ‘n bekende feit dat kanolaverbouing in Suid-Afrika ‘n blink toekoms het. Die ander goeie nuus is dat droëland kanolakultivars ook nou beskikbaar is. Ons het tydens Nampo Kaap met Piet Lombard van die Wes-Kaapse Departement van Landbou hieroor gesels.
Ntaba Nyoni se Ankole en Vriende-veiling vind op 3 Oktober plaas en Bernard Swanepoel vertel ons meer.
Johan van den Berg is oudergewoonte terug met die jongste weervooruitsigte en Chris Derksen gesels oor vleispryse.
Klik op die skakel in die kommentaarafdeling om na die uitsending te luister! 👇
NAMPO Kaap / Cape Western Cape Government Ntaba Nyoni Ankole
23/09/2026
In vandag se aflewering van RSG Landbou:
Die BKB Groep se jongste finansiële resultate is op 9 September bekendgemaak. Volgens Jannie van Niekerk is die kontantvloei wat hulle kon genereer beslis die hoogtepunt. Kom luister gerus hoe dié groep hul sterkste finansiële prestasie nóg bereik het.
‘n Boer van Hartbeesfontein in Noordwes, Bertus Joubert, is die wenner van die 2026 TLU SA Jongboer van die Jaar-kompetisie. Hy het na tien jaar in Australië besluit om eerder in Suid-Afrika te kom boer. Ons gesels met hom oor sy boerdery.
Ons hoor ook wat die Mazél en Magaliesberg Bonsmara-groep vir hul veiling van 2 Oktober in Rustenburg beplan. Gerhard Strydom vertel ons meer.
Klik op die skakel in die kommentaarafdeling om na die uitsending te luister! 👇
TLU SA Mazel Bonsmaras BKB
22/09/2026
In vandag se aflewering van RSG Landbou:
Veeprodusente word gewaarsku dat inkbessievergiftiging aan die toeneem is. Het jy geweet daar is twee tipes inkbessies wat in Suid-Afrika voorkom en net een is giftig? Die beste voorkoming is om dié probleemplant uit te roei, en prof Charlie Reinhardt gee raad.
Wyntoerisme lewer ‘n noemenswaardige bydrae tot die voortbestaan van ons wynplase. Ons gesels met South Africa W**e om uit te vind wat hulle doen om wyntoerisme op plase te bevorder.
Heinrich Victor is ook terug met die nuutste wolmarkverslag.
Klik op die skakel in die kommentaarafdeling om na die uitsending te luister! 👇
South Africa W**e
21/09/2026
In vandag se aflewering van RSG Landbou:
Het jy geweet dat 17 kommersiële varkplase in Suid-Afrika hierdie jaar bek-en-klouseer in hul kuddes gehad het? Dr Marlene Louw van die Suid-Afrikaanse Varkvleisprodusente-organisasie praat met ons oor die stand van dié bedryf, biosekuriteit en innoverende maniere om varkvleis meer aantreklik vir die verbruiker te maak.
AFMA, die Vereniging van Veevoervervaardigers, het onlangs hul bekende forum aangebied en dr Tobias Doyer van Graan SA het daar met ons gesels. Hy was deel van ‘n paneelbespreking wat gefokus het op globale seine wat ‘n impak op die plaaslike mark se wisselvalligheid en prestasie het.
Moet ook nie ons weeklikse landbounuus misloop nie.
Klik op die skakel in die kommentaarafdeling om na die uitsending te luister! 👇
SAPPO Animal Feed Manufacturers Association - AFMA Grain SA/Graan SA
17/09/2026
In vandag se aflewering van RSG Landbou:
Bykans 400 mense het die Brahman-beestelersgenootskap se nasionale veiling duskant Potchefstroom bygewoon. Sytze Smit gee terugvoer.
Ons gesels ook met Carla de K**k van Serfbred Brahmane. Een van hulle Brahman-bulle het die hoogste prys van R220 000 behaal en sy vertel wat dié bul so uniek maak.
Produsente in die Wes-Kaap het die afgelope week se reën verwelkom, maar hoe lyk die res se vooruitsigte? Johan van den Berg is soos altyd op sy pos met ons weernuus en Chris Derksen terug met nuus oor vleispryse.
Klik op die skakel in die kommentaarafdeling om na die uitsending te luister! 👇
Brahman SA Serfbred Brahmane
16/09/2026
In vandag se aflewering van RSG Landbou:
Het jy al gehoor van ‘n pampoen wat 653kg weeg? Wykus Lamprecht het dié reuse pampoen op sy erf in Meyerton gekweek. Hy is die wenner van vanjaar se Goliat van G*t-pampoenkompetisie en ons hoor wat dit behels om so ‘n produk te lewer.
Hoe gaan dit met die rooivleisbedryf in die Noord-Kaap en wat kan boere doen om hulself in ’n beter posisie te plaas om die beste pryse moontlik vir hulle diere te kry? Ons het tydens die Agri Noord-Kaap kongres met Yolandé Botha hieroor gesels.
Aartappelproduksie in die Limpopo-provinsie is ook in die kollig, met FP Coetzee van Aartappels SA wat meer vertel.
Ons sluit ook by Aartappels SA aan vir die Augustus aartappelmarkverslag.
Klik op die skakel in die kommentaarafdeling om na die uitsending te luister! 👇
Goliat van G*t Pampoenfees Agri Northern Cape Potato Nation
Click here to claim your Sponsored Listing.
Category
Address
Centurion
0157
Alerts
Be the first to know and let us send you an email when Die Landbougesprek posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.