Koos van der Merwe

Koos van der Merwe

Share

Vir optredes & ander navrae: Louise - 0834406784
[email protected] Dit was so ’n wonderlike ding om ure aan die liriek te timmer, ek wou nog een doen.

Koos oor Leonard Cohen...

“Verlede jaar het ek sy liedjie, “Show me the Place”, vir ons Paasfees in die kerk vertaal.
‘‘Wys my die plek waar die woord as mens verskyn
Wys my die plek waar’s die oorsprong van die pyn’’

En net daar het dit begin. Ek was so opgeneem, byna in besit geneem deur die betowering van die woorde, dat elke plek verander het in ’n dinkplek en skryfplek. En nog een. Uiteindelik het ek maande en nagte gesit … nagte! As ek weer sien, is dit drieuur in die oggend. Ek oordryf nie as ek sê ek het elke liriek omtrent twintig keer herverwerk nie. Tot ek voel okei, ek kan niks meer daaraan doen nie. Kyk ek nou, amper ’n jaar later daarna, lyk dit so voor die hand liggend. Maar as jy net die Engelse liriek voor jou het … Dis ’n pad om van een taal na ’n ander nie die emosie en skoonheid te verloor nie, om dit nie gedwonge te laat voel nie.”

En nou gaan hy Cohen-konserte hou …

“ Die oomblik wat ek hierdie liedjies sing, is ek op dieselfde planeet as toe ek dit vertaal het. Ek het al bietjie eksperimenteer in vertonings: ’n Mengsel van Cohen, hier en daar my eie gedigte en bietjie kommentaar. Ek ervaar daar gebeur iets met mense as hulle so ’n aand van skoonheid en diepte beleef.”

10/09/2026

Woordfees
9 Oktober 2026

“Neil Diamond onder die platespeler!”
Diamond, Cohen, Brell, Dylan.

Ook my eie wysies en gedigte uit die nuwe digbundel, Die Armkant van Rykdom.

Saam met topmusikante, Rhino & Rasta.

Musiek wat jou op 'n reis neem. Vir Woordfees se fynproewers.

Kaartjies op Quicket South Africa

Plek: HMS Bloemhof -skoolsaal
Tyd: 19:30
Koste: vanaf R200




https://www.quicket.co.za

09/09/2026

🎶 Die musikante van Eden Gemeente kom nie saam nie!
– maar –

kom kuier saam met my en:

“Neil Diamond onder die platespeler”

Stories en musiek oor die hart se hunkerings en herinnerings.
Musiek van Neil Diamond, Leonard Cohen, Jacques Brel en Bob Dylan – saam met van my eie wysies en gedigte uit my nuwe digbundel:

Die armkant van rykdom

Fairtree Atterbury Teater/Theatre

📅 27 September
🕒 15:00

🎟️ Kaartjies: ://www.seatme.co.za/events/koos-van-der-merwe-neil-diamond-onder-die-platespeler-msej2tm7

01/09/2026

rympie
hoor die vinkie in die vlei
kwetter jy is lief vir my
hoor die meeu daar in die blou
babbel ek is lief vir jou
sien karoobos dor en vaal
wens dat druppels weer sal val
net soos ek hier ver van jou
wens om jou weer vas te hou
ape koggel op die berg
weet jou lyf het my geterg
hoor die ketel kook en stoom
dis hoe ek oor ons twee droom





photo Rob Southey Photography

27/08/2026

Stories en musiek oor die hart se hunkerings en herinnerings. Diamond, Cohen, Brell, Dylan. Ook my eie wysies en gedigte uit sy nuwe digbundel:
“die armkant van rykdom”

Fairtree Atterbury Teater/Theatre
27 September
15:00

Skakel - https://www.seatme.co.za/events/koos-van-der-merwe-neil-diamond-onder-die-platespeler-msej2tm7

18/08/2026

Koos van der Merwe en Neil Diamond onder die Philips-platespeler!

22 Augustus 2026
King George Hotel
Kaartjies is beskikbaar by: Madeleine - 082 971 7868
Marina - 082 430 8102

Want your public figure to be the top-listed Public Figure in George South?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Category

Telephone

Address


George/Weskaap
George South

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Koos van der Merwe posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Subscribe

We will notify you when anything happens in George South.