Loskop Rugbyklub
`n Plek waar mens kan ontspan en die adrenalien bietjie kan pomp
KENNISGEWING!
Alle ingeskrewe, opbetaalde lede, hiermee word u in kennis gestel van Loskop Rugbyklub se Algemene Jaarvergadering soos bepaal deur die Grondwet van die Klub.
Datum:
Vrydag 22 November 2024;
Plek:
Loskop Rugbyklub; en
Tyd
17:00.
KENNISGEWING!
Kom raak deel van die wenspan.
Jou betrokkenheid kan ons help om nog hoër hoogtes te bereik.
Good day everyone. Hope you are well!! The coaching team decided to implement a pre season program into a 12 week schedule to make sure that we are ready for our first friendly match on the 8th February 2025. We invite all players to the club on Thursday 17th October 2024 at 18:30 to discuss the pre season block. Let us all buy in. We need to have a effective pre season and Coach Evert Smit will talk us through how to get the most of our
pre season program.
Kom een, kom twee, kom almal!
12/10/2024
Uitslag!!!
Wat 'n dag, wat 'n wedstryd!! Blou Bulle President, Willem Stauss en Visie President Henrie van Aswegen het saam met die Vallei se ondersteuners op Chris Wiïd Stadion se paviljoen gesit. Dit was warm op die veld en dit was warm in die son. Die kraaie het gegaap. Beide spanne het geveg en die manne het hulle harte uitgespeel. Limpopo Blou Bulle Platteland Suid het breë bors van die veld afgestap - as die wenners!!!
Dankie Manne julle het Waterberg, Suidstreek en Limpopo Platteland op die "map" gesit. Dit was mooi en dit was goed.
Baie geluk Jannie en jou span. Dit wat julle gedoen het, het julle goed gedoen en dit het gewerk .
12/10/2024
Loskop Rugbyklub se Manne wat opgeneem is in die Limpopo Blou Bulle Platteland Suid span:
Pieter van Heerden,
Bryan Jovner,
Lennox Majiki,
Emile Bloemhoff,
Ruben Kruger,
James Cato,
Dok Pieters, en
Shaun Agenbag.
Baie geluk Manne, julle is ONS Ysters!
10/10/2024
RUGBY, RUGBY, GROOT RUGBY!
Saterdag 12 Oktober 2024 is Loskop Rugbyklub gasheer vir die provinsiale wedstryd tussen Limpopo Blou Bulle Platteland Suid en Blou Bulle Platteland Tshwane .
Vyf van Loskop se Ysters is in die Limpopo span.
Kom ondersteun ons manne, ons streek en ons provinsie.
Kom een, kom twee, kom almal!!
27/09/2024
Vyf van Loskop Rugbyklub se spelers is opgeneem in die Limpopo Blou Bulle Platteland Suid span. Baie geluk Manne. Drie van ons manne is aangestel as deel van die tegniese span.
Louis Niemann is onder afrigter, Ettiene Pieterse is die Span bestuurder en Evert Smit, die Biokinetikus.
Maak mooi Manne! Hou ons Suid Streek se naam hoog!
Click here to claim your Sponsored Listing.
Category
Telephone
Address
Chris Wiidstraat 488
Groblersdal
0470
Opening Hours
| Tuesday | 18:30 - 00:00 |
| Thursday | 18:30 - 00:00 |
| Friday | 17:30 - 00:00 |
| Saturday | 15:00 - 02:00 |
Alerts
Be the first to know and let us send you an email when Loskop Rugbyklub posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.