Romanza
Liefde leef hier 💕 Hiér kan julle klets, lag of stry oor die karakters wat vir ons vriende, familie of vyande is.
Die liefde en leed van die heldin tussen die Romanza-blaaie leef nog lank na enige van ons die boek toegemaak het. Dié Facebook-blad is 'n saam-geselsblad, kom gesels saam. Sluit aan by ons nuusbrief en bly op hoogte van al die nuutste Romanza-nuus: https://bit.ly/3voOGCu
29/09/2026
😍 Net ’n klein kykie in Lilihanna se storie...
Hier begin die leeslus:
“Is jy oukei om verder te bestuur?”
“Ja, ek bly nie ver nie. Ek het nie gedink jy sal my onthou nie, Sebastian. En hier het jy nou al twee keer tot my redding gekom.”
Hy glimlag en dis asof sy engele hoor sing.
“Natuurlik onthou ek jou. Jy is nie ’n vrou wat ’n man maklik sal vergeet nie. Luke Terblanche is ’n stom merik. Hy besef nie wat hy opgegee het nie.”
Sy kan nie keer toe hitte in haar wange opstoot nie, en slaan haar oë vinnig neer. “Dankie, Sebastian, jy doen ’n vrou se moraal goed.”
Hy vat die botteltjie koeldrank by haar en draai die prop af. “Drink,” beveel hy sag en druk dit weer in haar hand.
Hy wag tot sy ’n sluk neem en gaan dan voort: “Ry asseblief versigtig huis toe, en bel my enige tyd in dien jy iets nodig het.”
💕 Wil jy weet wat volgende gebeur in My bestemde beminde deur Beatrix Smith? Lees verder op https://loom.ly/do39saY
💕 Kry jou kopie van My bestemde beminde hier: https://loom.ly/6zmmflI
28/09/2026
Ná ’n openbare vernedering, ’n egskeiding en ’n bedrogskandaal besluit Alma Roux om haar lewe heeltemal te verander.
Sy vind haar voete weer as ’n veldgids, maar dan daag die einste man wat haar voor duisende mense verneder het, weer op.
In Lemoenbloeisels vir Alma kry sy ’n tweede kans op ’n nuwe lewe, maar haar verlede is nog nie klaar met haar nie.
🍊 Lemoenbloeisels vir Alma deur Bets Smith e-boek: https://loom.ly/mjq-LRQ
27/09/2026
’n Argeologiese vonds. ’n Roosplaas. ’n Verlede wat steeds ’n houvas het.
Dit is die wêreld waarin joernalis Gemma haar bevind wanneer sy Sangrose besoek om ’n artikel te skryf.
🌹 Soet rose, donker geheime deur Frenette van Wyk neem jou op ’n reis waar die waarheid nie net onder die grond nie, maar ook diep in mense se harte opgesluit lê.
🩵 Lees meer oor die boek en kry jou kopie hier: https://loom.ly/Kg4gkC4
Frenette van Wyk - Skrywer/Author
26/09/2026
🚛 Net ’n klein kykie in Ompadliefde deur Madelie Human ...
“Veels geluk, Maat. Dit was . . .” Alex de Koker, een van die ander deelnemers aan die kompetisie, ver skyn om die hoek van die sleepwa.
Stella bekyk sy lang, stewige figuur in denim en fokus uiteindelik op sy aantreklike gesig.
Sy mond val letterlik oop toe hy haar sien. “Maar jy is dan . . .”
Haar laggie weerklink oor die skouterrein. “’n Vrou wat skaars meer as die helfte soveel as jy weeg? Klein en blond boonop?”
Alex haal sy bofbalpet af en vee deur sy sweterige donker hare.
💙 Lees die volledige hoofstuk hier: https://loom.ly/Yp1KUgg
💙 Lus om die hele verhaal te lees? Kry jou kopie hier: https://loom.ly/nehP_xY
25/09/2026
25/09/2026
Zelri is beslis nie op soek na liefde wanneer sy haar broer se wildreservaat besoek nie. Sy is kwaad, teleurgesteld en moeg daarvoor om mis gekyk te word.
Dan ontmoet sy vir Phillip, ’n aantreklike veearts wat haar kan laat lag, haar kan irriteer en haar op ’n manier laat voel wat sy lanklaas gevoel het 💕
🌷 Kry jou kopie van As die lentebloeisels bot deur Corné van Rooyen as e-boek hier: https://loom.ly/fDOGGVg
24/09/2026
🇿🇦 Elke land het stories.
Ons s'n is vol liefde, familie, drome, hartseer, hoop en nuwe beginne 💕
Op Erfenisdag vier ons die stories, mense en tradisies wat ons uniek maak. En natuurlik ook die liefde vir ’n goeie storie wat ons almal saam kan geniet.
Gelukkige Erfenisdag!
23/09/2026
Iets blom binnekort... 🌷
Die E-boekbonanza is amper hier!
25 September tot 4 Oktober 2026
Hou ons blad dop!
LUCA Romanza
23/09/2026
Vrou te koop stap terug in tyd na 1824, na die wêreld van Carlisle se elite, waar status, agtergrond en aansien ’n groot rol speel.
Teen hierdie agtergrond vertel Magdaleen Walters die verhaal van Amelia Benson, ’n jong vrou wie se bevoorregte lewe skielik verander.
Van ’n rykmansdogter na iemand wat haar plek in ’n heeltemal nuwe wêreld moet vind.
🕰️ Reis terug na 1824 met Vrou te koop: https://loom.ly/xtPWBf4
22/09/2026
"Sy sluk en probeer ’n ordentlike gedagte formuleer, maar al waaraan sy skielik kan dink, is die eerste keer wat sy hom ontmoet het.
Die eerste keer wat hy haar op dieselfde manier vasgekeer het.
Die eerste keer wat sy geweet het dat sy nie met Ian sal kan trou nie.
Anders as nou het sy oë haar geterg. Haar uitgelok.
Sy kyk na sy mond wat nou in ’n onvergenoegde lyn ge trek is, maar onthou hoe maklik hy kon glimlag. Die kuiltjie in sy regterwang wat haar voete onder haar uitgeslaan het.
“Lillian,” kners hy.
Sy kyk op en besef dat hy op die punt is om te knak.
Die laaste keer was bykans vier maande gelede. Hy sweer hoog en laag hy het haar nie meer lief nie, maar duidelik is lus ’n ander saak.
So, ten minste vind hy haar nog begeerlik.
Sy sluk.
Sy weet sy sal daarvoor te vinde wees, maar nie vandag nie. Nie só nie. Nie terwyl daar soveel onuitgesproke woorde en soveel woede tussen hulle lê nie.
Sy lê haar hand teen sy bors en voel hoe hy ruk. “Wanneer kan ons rustig praat, Leon?”
Sy oë boor in hare, sy asem ontplof ru tussen hulle.
“Asseblief,” dwing sy die woorde oor haar lippe. "
🔥 Lees die res van dié stukkie uit Om ’n hart te verower deur Ciska Olivier op https://loom.ly/H2D0098
🔥 Gereed om die hele storie te ontdek? Kry jou kopie hier: https://loom.ly/s58A9hE
Click here to claim your Sponsored Listing.
Category
Website
Address
162 Tonetti Street, Midpoint Business Park, Halfway House
Midrand
1685
Opening Hours
| Monday | 08:00 - 16:00 |
| Tuesday | 08:00 - 16:00 |
| Wednesday | 08:00 - 16:00 |
| Thursday | 08:00 - 16:00 |
| Friday | 08:00 - 16:00 |
Alerts
Be the first to know and let us send you an email when Romanza posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.