Impetus

Impetus

Share

By Impetus Gemeente glo ons in 'n lewe van verhouding – met God, met mekaar en met ons gemeenskap. Mense wat 'n verskil wil maak in ander se lewe.

Ons is 'n plek waar geloof groei, liefde gedeel word en elkeen welkom is.

📍 Dienste aanlyn & in persoon
🤝 Gemeenskap & belangegroepe
🙏 Geloof in aksie Ons wil 'n gemeenskap wees wat oop is vir enigiemand wat op 'n geestelike reis om te groei in hulle verhouding met God. Mense wat emosioneel en geestelik in 'n goeie verhouding met hulself staan.

03/10/2026

SONDAG 4 OKTOBER BY IMPETUS
• Oggenddiens om 09:00 - Ons skop hierdie Sondag af met ‘n preekreeks oor aanbidding en hou ‘n oggend van aanbidding op 25 Oktober.
• Jy kan die diens volg op Impetus Gemeente se YouTube kanaal. (Klik op die 'Live' (Lewendig) knoppie as jy nie die huidige stroom sien nie.)
• Impetus Kids, Fondasies en Rooted is gesluit tydens die vakansie.

01/10/2026

Kry jou kaartjies vir Africountry op Quicket.
linktr.ee/impetusgemeente

26/09/2026

Facebook en Instagram laat net 'n beperkte aantal skakels toe om geplaas te word. Skandeer hierdie QR kode of voer die Linktree skakel in vir die skakels na Impetus se Aanlyn Dienste op YouTube, Bulletin en meer.

26/09/2026

SONDAG 27 SEPTEMBER BY IMPETUS
• Oggenddiens om 09:00 - Sondag gaan ons gesels oor die betekenis van die doop en saam ontdek wat dit beteken om ’n nuwe lewe saam met Christus te leef. Ons gaan ook mense doop en saam met hulle hierdie nuwe begin vier!
• Die diens word op YouTube uitgesaai. Gaan na Impetus se YouTube kanaal om dit te kyk. Wanneer jy op die Youtube app is, soek vir Impetus Gemeente, kies die kanaal en dan die knoppie "Regstreeks" ("Live"). Kies dan die video met die opskrif, "27 September - Die Doop".
Impetus Kids, Fondasies asook rooted is gesluit tydens die skoolvakansie.

Photos from Impetus's post 24/09/2026

MAALTYD-IN-'N-SAKKIE
Ons maaltyd-in-’n-sakkie projek is nie net oor die pak van sakkies nie – dis ook oor saam kuier, saam lag en saam ’n verskil maak. Kom val Sondag 27 September om 08:00 by Impetus in en help ons om die sakkies te pak.
Een so 'n sakkie voorsien vier porsies kos en hierdie projek sorg dat baie gesinne nie honger gaan slaap nie.

Photos from Impetus's post 22/09/2026

Sondag, 20 September, was ’n baie spesiale dag by Impetus toe ons ’n paar van ons kleinspan aan die Here toegewy het. Dit was mooi om saam met ouers en families te bid en te vier vir hierdie kosbare lewens wat aan hulle toevertrou is.
“Moenie hulle (die kindertjies) keer om na My toe te kom nie, want God se koninkryk is juis bedoel vir almal wat soos hulle is.”– Matteus 19:14 (NLV)
Ons bid dat hierdie kinders sal grootword met die wete dat hulle geliefd is, dat God altyd by hulle is en dat hulle deel is van ’n geloofsfamilie wat saam met hulle stap.

Photos from Impetus's post 21/09/2026

BUFFELSFONTEIN LIEFDESUITREIK
Saterdag 19 September het ons by Impetus Gemeente sommer lekker hande gevat vir ons Buffelsfontein Liefdesuitreik. Ons lidmate het produkte ingesamel en 100 sakkies is met liefde opgemaak en aan die inwoners van Buffelsfontein Aftree-oord oorhandig – produkte wat vir baie van hulle eenvoudig buite hul begroting is. Dit was ’n spesiale oggend van gee, kuier en om vir mense te wys: julle is nie vergeet nie.

20/09/2026

Week 6 van die ONSIGBAAR reeks is ingelei deur Erika Pretoruis en Marinda Coetzee met ‘n inspirerende boodskap en treffende getuienisse van die Evangelie wat in Rusland versprei deur gewone mense. Kyk na die boodskap op Impetus se YouTube kanaal.

Want your place of worship to be the top-listed Place Of Worship in Port Elizabeth?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Address


29 Circular Drive, Charlo (Fairview)
Port Elizabeth
6070

Opening Hours

Monday 08:30 - 13:00
Tuesday 08:30 - 15:00
Wednesday 08:30 - 13:00
Thursday 08:30 - 15:00
Friday 08:30 - 13:00
Sunday 08:15 - 09:30
10:00 - 11:15

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Impetus posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Subscribe

We will notify you when anything happens in Port Elizabeth.