Luiperds Rugby

Luiperds Rugby

Share

This is the official FB page of the Leopards Rugby Union. The Leopards are a South African rugby union team playing in the First Division Currie Cup.

Founded 1920
Home Ground :Olën Park
The Leopards are a South African rugby union team that participates in the annual Currie Cup tournament, currently playing in the First Division. They play out of Potchefstroom at Olën Park. Potchefstroom is one of the country's best-known university towns and the Leopards have benefited from this, drawing lots of its players from the NWU Rugby Institute. The Leopards, formerly called Western Transvaal or the Mielieboere (Corn Farmers), has always boasted big, strong and hard players. The union turned 100 years old in 2020.

17/09/2026

🏆 ’N BESONDERE EER VIR LUIPERDS RUGBY

Dit is vir Luiperds Rugby ’n groot voorreg en trotse oomblik om ons President, Mnr Mervyn Taylor, geluk te wens met die ontvangs van die gesogte Pro Meritis-toekenning tydens die NWU Spring Sports Summit.

Die Pro Meritis-toekenning is ’n besondere erkenning wat gereserveer word vir individue wie se jarelange diens, leierskap, toewyding en bydrae ’n betekenisvolle en blywende impak op sport gemaak het. Die woorde Pro Meritis verwys na erkenning “vir verdienste” – en dit is presies wat hierdie toekenning verteenwoordig: erkenning aan mense wat veel meer as bloot ’n rol of amp vervul het, maar deur hul diens ’n nalatenskap help bou het.
Hy ontvang hierdie besondere eer ter erkenning van sy uitstaande bydrae tot Suid-Afrikaanse sport – ’n prestasie waarop ons as Luiperds Rugby ongelooflik trots is.

Agter elke sportspan, speler en wedstryd is daar mense wat vir jare lank hul tyd, energie en passie gee om strukture te bou, geleenthede te skep en sport vorentoe te neem. Hierdie toekenning is ’n gepaste erkenning van daardie soort diens en toewyding.

Mnr Taylor, baie geluk met hierdie besondere en welverdiende eer. Jou bydrae tot rugby, sport en die gemeenskap strek veel verder as wat op ’n telbord gemeet kan word.

Die hele Luiperd-familie vier hierdie besonderse mylpaal saam met jou. 🐆🏉

Baie geluk, President! Ons is trots op jou.

14/09/2026

Dit is met diepe hartseer dat die Luiperds Rugbyfamilie afskeid neem van Coach Franklin Jackson.

Coach Franklin se liefde vir rugby en sy toewyding aan die ontwikkeling van spelers het oor baie jare diep spore in ons rugbygemeenskap getrap.

Hy het vir 13 jaar die Luiperds Vrouespan afgerig en hulle twee keer na die Vroue Eerste Divisie-titel gelei.

Sy bydrae het egter veel verder gestrek. Hy het ook die Luiperds O/21-span en Plattelandspan afgerig, was hulpafrigter by die destydse Vaal Reefs, het vir baie jare as hoofafrigter van Potch Tigers gedien en was ook op ’n stadium afrigter tydens die Iqhawe-week.

Maar ’n afrigter se nalatenskap word nie net in trofeë, wedstryde of uitslae gemeet nie. Dit leef voort in die mense wat hy gevorm het, die spelers in wie hy geglo het, die geleenthede wat hy geskep het en die liefde vir die spel wat hy aan ander oorgedra het.

Ons innige meegevoel gaan aan Coach Franklin se familie, vriende, spelers, kollegas en almal wat die voorreg gehad het om saam met hom hierdie rugbypad te stap.

Dankie vir u jarelange diens aan Luiperds-rugby, Coach.

U het u merk gemaak. U nalatenskap leef voort.
Rus sag, Coach Franklin Jackson. 🕊️

06/09/2026

Die Stormers Bolts het Saterdag op Olënpark in die laaste tien minute twee keer toegeslaan om die Luiperds se Onder 20s 28-17 te klop.

Die Luiperds was na 'n uur se spel 17-14 voor in 'n heldhaftige poging.

Photos from Luiperds Rugby's post 03/09/2026

🇿🇦🏉 GOOD LUCK, COACH RIAAN! 🏉🇿🇦

We would like to wish our Head Coach, Riaan van Straten, the very best of luck for the upcoming weekend! 💪🔥

Coach Riaan has been selected to represent South Africa 🇿🇦 at the Deadly Dozen World Championships in London, England! 🌍

This is a fantastic achievement, and we are incredibly proud to see one of our own representing our country on the world stage.

Go well, Coach! Give it everything and make us proud!

Riaan Van Straten

31/08/2026

POV: You’re ready for the new season… but the team hasn’t arrived yet. 👀🐆

Maximus checked the tunnel.
Checked the field.
Threw in a sidestep for good measure.
Still no Leopards 😭 Waar is die manne?

Guess he’ll just be here… kicking balls and inspecting the grass until further notice. 😂🌱🏉

New season, hurry up. Maximus is getting bored. 🐆🔥

28/08/2026

Ons harte is saam met die Enslin familie en die hele Laerskool Baielie park gemeenskap in hierdie moelike tyd.

Want your business to be the top-listed Gym/sports Facility in Potchefstroom?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Website

Address


P O Box 422
Potchefstroom
2531

Opening Hours

Monday 08:00 - 13:00
Tuesday 08:00 - 13:00
Wednesday 08:00 - 13:00
Thursday 08:00 - 13:00
Friday 08:00 - 13:00