Laerskool Rapportryer

Laerskool Rapportryer

Share

Rapportryer is ’n dinamiese skool wat toekomsgerig is om van elke kind ’n wenner vir more te maak.

21/09/2026

Rappies sluit die kwartaal af met ń mooi boodskap van Pastoor Christo. 🩵

21/09/2026

Ouers onthou asb 🙏 kom kry julle kaartjies!

21/09/2026

Dit is mos hoe ‘n Graad 6 toer moet lyk!!! Ons is so jaloers!!! 💪 Geniet dit!!

Photos from Laerskool Rapportryer's post 21/09/2026

GR 6 TOER 2026!

Die Gr 6 leerders is vroeg uit die vere en sommer reg om die dag ten volle te geniet! Van vroegoggend af word daar al gelag!

Hierdie is die tipe dae wat later die beste herinneringe van laerskool gaan
word!

📸 Hou ons blad dop! Daar is nog hope foto’s en lekker oomblikke oppad!

Rappies maak herinneringe wat ’n leeftyd hou!

20/09/2026

Nuus uit die Gr 6 kamp 😉 kyk net hoe lekker!!

20/09/2026

VEILIG, GELUKKIG EN VOL HERINNERINGE!

Ons Gr 6 leerders het veilig aangekom en dit was nie lank nie of die pret het sommer dadelik begin!

Van lag en speel tot nuwe avonture en lekker saamkuier, word daar reeds herinneringe gemaak wat nog lank in hulle harte gaan bly. By Rappies gaan dit nie net oor waarheen jy gaan nie, maar oor wie saam met jou die pad stap.

Ons Gr 6’s leef, lag en leer… en maak herinneringe wat eendag met ’n groot glimlag onthou sal word!

Rappies is waar herinneringe begin!
Fier en vasberade!

20/09/2026

Elke kind wat by Laerskool Rapportryer se bus inklim, begin elke dag aan ’n nuwe reis. ’n Reis vol drome, uitdagings, vriendskappe, geleenthede en herinneringe.

By Rappies leer ons ons kinders om aan te hou ry, om in hulself te glo en om nooit hul drome langs die pad te los nie.

Want sukses gebeur nie oornag nie. Dit is ’n reis. En ons stap daardie reis saam met ons kinders.

🚌 Ons ry saam.
🌱 Ons groei saam.
🏆 Ons kweek saam wenners.

Laerskool Rapportryer… waar elke kind se reis na môre begin.

Klim op. Jou Rappies reis wag!

20/09/2026

Vandag het ons Rappies se langasempies hul tekkies vasgemaak en die Cradle Cracker 5 km aangepak!

En wat ’n prestasie!

🥈 MJ Kraft het ’n ongelooflike 2de plek overall behaal en natuurlik ook 2de onder die mans geëindig!

🥈 Evangeline Dykman het ook die Rappies vlag hoog gehou met ’n fantastiese 2de plek onder die vroue!

Ons is ongelooflik trots op julle! Julle wys dat wenners nie net in ’n klaskamer gekweek word nie, maar ook op die pad, waar deursettingsvermoë, dissipline en ’n vasberade gees jou vorentoe dra.

Fier en vasberade.

Rappies, waar wenners gekweek word!

20/09/2026

Ons Graad 6 toer het begin! Ons bid dat die Here julle sal beskerm op die pad 🙏 veilig ry en hou ons naam hoog ❤️

19/09/2026

By Rappies gaan dit oor soveel meer as net ’n skool. Dit gaan oor kinders wat lag, leer, groei, droom en glo in hulself en in mekaar!

Hier word elke dag nuwe stories geskryf deur kinders wat weet hulle behoort. Kinders wat vriende maak, herinneringe skep en met trots kan sê: “Ek is ’n Rappie!”

Ons kweek nie net akademiese wenners nie. Ons kweek dapper harte, sterk karakter, selfvertroue en kinders wat weet dat hulle enigiets kan aanpak.

Vir 110 jaar vertel Rappies stories. Stories van generasies, van prestasies, van uitdagings wat oorkom is, van vriendskappe en van kinders wat hul merk gemaak het.

En vandag skryf óns kinders die volgende hoofstuk.

110 jaar se stories.
110 jaar se trots.
110 jaar se herinneringe.
En nog soveel wenners wat wag om gekweek te word.

Ons is Rappies. Ons is fier en vasberade.
Want by die beste skool word kinders nie net voorberei vir môre nie…

Hier word wenners gekweek.

Want your school to be the top-listed School/college in Randfontein?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Category

Telephone

Website

Address


102 Langerman Road
Randfontein
1759

Opening Hours

Monday 07:30 - 14:00
Tuesday 07:30 - 14:00
Wednesday 07:30 - 14:00
Thursday 07:30 - 14:00
Friday 07:30 - 13:30