Ons Winkel Rustenburg
Met jou ongewensde items kan ons letterlik wonderwerke verrig! Die Ons Winkel skenkingswinkel dien as werkskepping vir die persoon wat die winkel bestuur.
Uit die wins van die verkope stel ons studiefondse asook gemeenskapshulp beskikbaar. Welkom by Solidariteit Helpende Hand se amptelike Facebook-blad. Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie wat fokus op die opheffing van gemeenskappe deur maatskaplik-gebaseerde gemeenskapsontwikkeling vir die volgende kwesbare groepe:
• Kinders
• Gesinne
• Persone met gestremdhede
• Ouer persone
Dít realiseer deur ’n verskeidenheid van projekte en programme wat in die onderskeie streke van stapel gestuur word. Ons waardes is in lyn met Facebook se gemeenskapswaardes Jy is welkom om jou opinie te lug, maar indien jy kru taal, rassistiese uitlatings of enige onvanpaste kommentaar lewer wat teen ons en Facebook se gemeenskapswaardes is, sal jy van die blad verban word. Solidariteit Helpende Hand se gemeenskapswaardes is soos volg:
1) Privaatheid en persoonlike veiligheid: ons ag die privaatheid van ons verbruikers, veral van begunstigdes, hoog. Geen inligting van enige persoon wat hulp versoek, sal aan die publiek bekend gemaak word nie. Dit sluit die identiteit en besonderhede oor alle aansoeke/versoeke via digitale media in. Die veiligheid van ons verbruikers is van kardinale belang. Geen boeliegedrag, teistering, intimidering of pespos sal geduld word nie. Beskerm jouself. Wees versigtig oor watter persoonlike inligting jy aanlyn deel. Gevolglik word geen hulpversoeke op kommentaar in plasings of via ʼn derdepartyboodskap op ons blad toegelaat nie.
2) Verantwoordelike en etiese optrede: daar mag onder geen omstandighede enige wanvoorstelling van enige instansie of persoon gemaak word nie. Alle kommentaar moet volgens die visie en missie van Helpende Hand wees.
3) Eer verskille en toon respek vir ander se menings: toon begrip vir ander se demografie, kultuur, geslag, ras, kleur, geloof, godsdiens, etnisiteit, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit, nasionale oorsprong, burgerskap, ongeskiktheid of huwelikstatus.
4) Kommentaar/inhoud oor die volgende onderwerpe is streng verbode:
- Haatspraak teenoor enige instansie of individu
- Negatiewe kommentaar teenoor ander werknemers of teenoor Helpende Hand
- Aanhitsing tot geweld
- Rassisme
- Seksisme
- Laster
- Kru taalgebruik
- Ander aanstootlike inhoud
- Pornografiese materiaal of kommentaar
- Strooipos of bemarking van jou produk of diens
5) Beskerm ons kinders: Geen foto’s van kinders mag deur derdepartye in Solidariteit Helpende Hand se kommentaarafdeling geplaas, of via ’n persoonlike boodskap aan ons versprei word nie. Solidariteit Helpende Hand vervul nié die volgende funksies nie:
Statutêre maatskaplike dienste:
Helpende Hand beskik nie oor die mandaat om enige vorm van statutêre maatskaplike diens te kan lewer nie, naamlik die beveiliging van kinders en enige ander optrede kragtens die Kinderwet (No. 38 van 2005). Die Afdeling Maatskaplikewerkdienste is egter bevoeg om raad en leiding oor die verskillende statutêre prosesse kragtens die bogenoemde wet te verskaf en persone na geregistreerde kinderbeskermingsorganisasies te verwys. Finansiële bystand:
Helpende Hand is ʼn niewinsgewende organisasie en kan dus nie finansiële bystand bied nie. Dit sluit onder andere die volgende uitgawes in:
Verbands- of huuronkostes
Elektrisiteitsrekeninge
Herstelkostes aan wonings
Trek- of reisonkostes
Finansiële ondersteuning in terme van mediese aangeleenthede
Begrafnisdienste
Borgskappe
Behuising:
Helpende Hand beskik nie oor enige behuising nie. Die maatskaplike werker kan egter, waar moontlik, kontakbesonderhede van skuilings en ander hulpbronne voorsien, maar dit is die persoon se eie verantwoordelikheid om die betrokke hulpbronne te kontak.
21/09/2026
GOEIE NUUS!!
Ons Winkel Rustenburg is nou n "Courier Guy Point" Hoe werk dit?
●Stuur of ontvang by Ons Winkel Rustenburg.
●Boek jou pakkie in op die "Courier Guy App" onder Courier Guy Point Ons Winkel Rustenburg.
● Laai af by Ons Winkel Rustenburg of tel op.
●NB!! Jy kan slegs X klein, klein of Medium groote pakkies stuur.
ONS WAG VIR JOU!!
📌Ons Winkel Rustenburg
Flame Tree Place
176 President Mbeki Dr
☎️ Johan 0836720449
17/09/2026
Baie meer om te sien!!
Flame Tree Place
176 President Mbeki Dr
☎️ Johan 0836720449
Geen uithou!!
16/09/2026
Vir meer winskopies, kom kuier by jou gunsteling winkel.
Flame Tree Place
176 President Mbeki
☎️ 0836720449
Johan
Vriend ons kan ongelukig niks uithou nie.
10/09/2026
Kom ons maak jou huis mooi!!
Flame Tree Place
176 President Mbeki
☎️ Johan 0836720449
Geen uithou, eerste kom eerste kry.
08/09/2026
Sakpas pryse!! As jy nie kom loer nie mis jy uit!
Flame Tree Place
176 President Mbeki Dr
☎️ Johan 0836720449
07/09/2026
Kom snuffel rond in jou gunsteling winkel.
📌Flame Tree Place
176 President Mbeki Dr
☎️ Johan 0836720449
05/09/2026
Kom gryp jou winskopie vandag.
Ons is oop 9-13
Flame Tree Place
176 President Mbeki Dr
☎️ Johan 0836720449
04/09/2026
Ons hou jou beursie gelukig!!!
Ons is saterdag oop 9-13
Flame Tree Place
176 President Mbeki
Johan 0836720449
Geen uithou.
03/09/2026
Flame Tree Place
176 President Mbeki Dr
☎️ Johan 0836720449
Geen uithou, slegs eerste kom eerste kry.
02/09/2026
Dis Lente!!! Dis tyd om te kamp!!!
Flame Tree Place
176 President Mbeki Dr
☎️ Johan 0836720449
Click here to claim your Sponsored Listing.
Category
Contact the organization
Telephone
Address
176 President Mbeki
Rustenburg
2999
Opening Hours
| Monday | 08:00 - 17:00 |
| Tuesday | 08:00 - 17:00 |
| Wednesday | 08:00 - 17:00 |
| Thursday | 08:00 - 17:00 |
| Friday | 08:00 - 17:00 |
| Saturday | 08:00 - 12:00 |