Every Nation Kruislig
Kruislig se hartklop is om God te eer deur mense te dissipel in Sy woord, krag en teenwoordigheid.
11/08/2026
SONDAGAANDDIENS - 9 Augustus 2026
In hierdie Sondagaanddiens het Tristen Bourne voortgegaan met die reeks “Die Kerk”, met ’n spesifieke fokus op “Chosen, Royal and Holy”. Hy het ons deur 1 Petrus 2:(1–25) geneem en gewys hoe ons as God se uitverkore volk geroep is om anders te leef, as ’n koninklike priesterdom te funksioneer en ’n heilige lewe te leef wat Hom eer.
Kyk gerus na die boodskap om saam te volg en verder te ontdek wat dit beteken om as God se gekose, koninklike en heilige volk te leef.
Volg die link om na die diens te luister: https://youtu.be/dquoZtJth40
10/08/2026
SONDAGDIENS - 9 Augustus 2026
In hierdie Sondagdiens het André de Jager voortgegaan met die reeks “Die Kerk” en gefokus op die kerk as die liggaam van Christus. Hy het ons dieper geneem in wat die liggaam doen en hoe ons elkeen as deel van God se liggaam gebruik word. Elke deel van die liggaam het ’n doel en ’n funksie.
André het ons aangemoedig om werklik deel te word van die liggaam van Christus en te verstaan dat ons, wanneer ons gered word, by Sy liggaam gevoeg word.
Volg die link om na die diens te luister: https://youtu.be/jdIgYWmEKb0
03/08/2026
MANNE MAANDAG - 3 Augustus
Ons nooi graag elke man na Manne Maandag wat vaanaand plaasvind om 18:00 by die kerk.
Moet dit nie mis nie, nooi iemand saam.
⏰ 18:00
📍 Every Nation Kruislig
Bring jou Bybel!
03/08/2026
SONDAGDIENS - 2 Augustus 2026
In hierdie Sondagdiens het André de Jager bedien oor die Kerk as Sy bruid. Hy het ons deur verskeie belangrike skrifgedeeltes geneem en gewys hoe God Sy kerk roep om as Sy bruid in heiligheid, toewyding en gereedheid te leef.
Die boodskap het elkeen van ons uitgedaag om eerlik en opreg voor die Here te wees oor die areas in ons lewens wat nog verandering nodig het. As die bruid van Christus word ons geroep om voortdurend nader aan Hom te groei en ons lewens in lyn met Sy Woord te bring.
Volg die link om na die diens te luister:https://youtu.be/VkY7claJVMw
VISION 2040 | Mission 2029 – Namibië Cluster Terugvoering
Liewe familie,
Ons deel graag nog ’n cluster-terugvoering, hierdie keer vanuit die Namibië Cluster. Christoffer Chipeio gee terugvoer oor wat God besig is om in Namibië en Zambië te doen.
Die cluster bestaan uit ongeveer agt gemeentes, insluitend ’n gemeente in Zambië, wat ’n gesamentlike inisiatief van die Namibië- en Oos-Afrika-clusters is.
Daar is wonderlike getuienisse van God se goedheid en krag, met besondere groei in die Windhoek-omgewing en op verskeie kampusse. Dit is bemoedigend om te sien hoe God aan die werk is deur gemeenteplanting, dissipelskap en die uitbreiding van Sy Koninkryk.
Neem gerus ’n paar minute om na hierdie opdatering te luister en bid saam vir die Namibië Cluster terwyl hulle God vertrou vir groter groei, dieper geestelike volwassenheid, en nóg gemeente- en kampusplantings.
▶️ https://youtu.be/n7X9ZOxxvIM
📌 Jy kan al ons cluster-terugvoerings hier vind:
https://www.youtube.com/playlist?list=PLEk9Xnha9HB5tUXPZR5q6_mOgjabL8R2m
🌐 Of besoek die VISION 2040-blad op ons webtuiste vir meer opdaterings.
Kom ons gaan saam!
Namibia Cluster Feedback - Christoffer Chipeio We continue to bring you updates from all of our regional clusters....
Liewe familie,
In hierdie nuwe Reflection deel Roger Pearce, ons streeksleier van Every Nation Southern Africa, uit Daniël 3—die bekende verhaal van die drie Israeliete wat in die vuuroond gegooi is omdat hulle getrou aan God gebly het.
Na ’n onverwagte voorval tydens ’n draf op Tafelberg het God hierdie ervaring gebruik om vir Roger drie waardevolle lesse te leer, asook ’n kragtige slotsom wat ons herinner dat God in elke seisoen teenwoordig is en altyd aan die werk is, selfs te midde van beproewings.
Ons nooi jou uit om hierdie refleksie te kyk en bemoedig te word. Mag dit jou geloof versterk en jou aanbidding van God verdiep.
▶️ https://youtu.be/ZVzxvbc4iJg
📌 Jy kan al die Reflections with Roger Pearce hier vind:
https://www.everynationsouthernafrica.org/reflections-with-roger-pearce
Through the Fire - Roger Pearce Many of us will know the story of the three Israelites who were thr...
29/07/2026
VROUE VREUGDE - 29 Julie 2026
Ons nooi graag elke vrou na Vroue Vreugde wat vanaand plaasvind. Bring ‘n vriendin, kom eet iets klein, drink ‘n koffie en groei saam in die Woord.
⏰ 18:00
📍 Every Nation Kruislig
Bring jou Bybel!
27/07/2026
SONDAGDIENS - 26 Julie 2026
In hierdie Sondagdiens het Gerhard van der Merwe ons deur Deuteronomium 22:9 geneem, waar hy gepraat het oor die twee soorte saad wat ’n mens saai. Hy het belangrike Bybelse beginsels uit hierdie gedeelte uitgelig en ons daaraan herinner dat ons lewe ’n landery is, dit wat ons saai, is ook dit wat ons sal oes.
Die boodskap het elkeen van ons uitgedaag om ons harte te ondersoek en doelbewus te kies om saad te saai wat God eer en Sy Koninkryk bevorder.
Volg die link om na die diens te luister: https://youtu.be/zx1iaF5Fe0M
20/07/2026
SONDAGDIENS - 19 Julie 2026
In hierdie Sondagdiens het André de Jager uit Lukas 1 bedien en gepraat oor hoe om kinders volgens die profetiese woord groot te maak. Hy het verduidelik hoe ons die gawes en roeping wat God in ons kinders geplaas het, kan raaksien, identifiseer en doelbewus kan kweek.
Hy het beklemtoon dat wanneer die Here ’n woord oor ons of ons kinders gee, dit ons verantwoordelikheid is om dit goed te bestuur en getrou daarop te reageer. Hy het ons aangemoedig om sensitief te wees vir God se stem en te onthou dat daar ’n doel is agter wie Hy ons gemaak het, waar Hy ons geplaas het en die familie waarin Hy ons laat grootword het.
Elke lewe dra God se unieke plan en roeping.
Volg die link om na die diens te luister: https://youtu.be/pOuhRorYzAI
13/07/2026
SONDAGDIENS - 12 Julie 2026
In hierdie Sondagdiens het Deborah de Beer ons deur Psalm 127 geneem, waar sy belangrike waarhede uit die Woord met ons gedeel het. Sy het gefokus op Psalm 127:1: “As die Here die huis nie bou nie, tevergeefs werk dié wat daaraan bou.”
Die boodskap het ons uitgedaag om eerlik te vra: Bou ons saam met die Here, of probeer ons in ons eie krag bou? Alles wat ons doen, moet begin by Hom en volgens Sy plan gebou word.
Volg die link om na die diens te luister: https://youtu.be/VlQCjnWHFvE
Click here to claim your Sponsored Listing.
Category
Contact the place of worship
Telephone
Website
Address
(Dienste-09: 00
Rustenburg
0300
Opening Hours
| Monday | 08:00 - 16:00 |
| Wednesday | 08:00 - 16:00 |
| Thursday | 08:00 - 16:00 |
| Friday | 08:00 - 16:00 |
| Sunday | 09:00 - 00:00 |