Hoërskool Rustenburg

Hoërskool Rustenburg

Share

Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Hoërskool Rustenburg, Public School, Kockstraat 60, Rustenburg.

24/09/2026

Gelukkige Erfenisdag, Rusties!

24/09/2026

| GELUKKIGE VERJAARSDAG |
Veels geluk met jou verjaarsdag, Mnr. Jan Kotze. Mag mooi wense jou deur die jaar vergesel.
🎂🥳

Photos from Hoërskool Rustenburg's post 23/09/2026

RUSTIERAAD 2027 | BAIE GELUK RUSTIES!

Ons wens elke leerder wat verkies is tot die 2027 Rustieraad baie geluk! Om tot hierdie raad verkies te word, beteken dat jy nou deel is van die hoogste vlak van leerderleierskap binne ons skool.

Met hierdie voorreg kom daar egter ook ’n groot verantwoordelikheid.

’n Leiersposisie gaan nie bloot oor ’n titel, ’n kenteken of die voorregte wat daarmee gepaardgaan nie.

Mag jy verantwoordelikheid, karakter en diensbaarheid toon waar ook al jy gaan.

Mag jou optrede, houding, taalgebruik,
besluitneming en verhouding met ander leerders die waardes weerspieël waarvoor ons skool staan.

Mag jy hierdie geleentheid aangryp om nie net ’n goeie leier te wees nie, maar om ’n diensbare, beginselvaste en voorbeeldige jongmens te word.

Ons sien met groot verwagting uit na die positiewe bydrae wat hierdie groep nuwe leiers tot ons skoolgemeenskap gaan lewer!

Photos from Hoërskool Rustenburg's post 23/09/2026

STERKTE AAN ONS RUSTIE-KRIEKET UITNODIGINGSSPAN! 🏏

Ons wens ons krieket uitnodigingsspan alle sterkte toe met hul toer na Durban.

Die span vertrek vandag na Durban, waar hulle aan die gesogte Stayers Festival gaan deelneem.

Dit is ’n ongelooflike geleentheid vir ons seuns om hulself te toets en mee te ding.

Geniet elke oomblik, speel met trots en verteenwoordig Rusties met onderskeiding!

Veilige reis en baie sterkte, manne! Ons staan agter julle! 🔥🏏

22/09/2026

Zanté Young het ingeskryf vir e-beeld se Kreatiewe Skryfkompetisie en 'n ongelooflike 4de plek behaal.🏆👏

Ons is baie trots op jou, Zanté! 💚🧡🤍
Mag jy aanhou skryf, droom en jou unieke stem met die wêreld deel. ✨

📖 Lees gerus Zanté se skryfstuk.

https://www.facebook.com/100064749125947/posts/1600807422087547/?rdid=35W0ogDIM3mkPd2v #

Photos from Hoërskool Rustenburg's post 21/09/2026

Baie sterkte aan 8 Rustie-Debatspanne wat aan die Con Spirito Debat Landsfinaal in Tulbagh gaan deelneem! 🎤🌳

🌟 Graad 11:
Xander Hayward & Megan Janse van Rensburg
Ruben Ruthven & Samantha Kotze
Dylan van den Berg & Ghite du Pisani
Ané Minnie & Mia Meyer

🌟 Graad 10:
Ruan Boy & Wiehan Geldenhuys
Charl Palm & Laurika le Roux

🌟 Graad 9:
Mia van Heerden & Janiqa Venter
Jeanrie Lennox & Rinus Schwim

Praat met oortuiging. Debatteer met passie. Verteenwoordig die Rusties met trots!💚🧡🤍

Rustie-debat – met trots geborg deur AVURA.

Photos from Hoërskool Rustenburg's post 21/09/2026

KREATIEWE ENERGIE BY DIE GRAAD 8’s

Ons Graad 8-leerders het hulself behoorlik oortref met hul praktiese elektrisiteitprojekte!

Van vernuftige alarmstelsels en hoëtegnologie hommeltuie tot tradisionele windpompe, die kreatiwiteit en tegniese vaardighede was van die boonste rakke.

Kyk gerus deur die foto's en sien self waartoe hierdie slimkoppe in staat is.

Photos from Hoërskool Rustenburg's post 21/09/2026

Baie sterkte aan ons Rusties wat vandag aan die AfriSkuld Nasionale Spelkampioenskappe by die Atterbury Theatre in Pretoria deelneem! 🌳

Ons is ongelooflik trots op elkeen van julle en hou vir julle duimvas! 💚🧡🤍

21/09/2026

REKORDEKSAMEN: REKENINGKUNDE V2

Baie sterkte aan ons matrikulante wat vandag Rekeningkunde V2 skryf.

Ons dink aan julle!

Photos from Hoërskool Rustenburg's post 20/09/2026

RUSTIES OP PAD NA AMERIKA 🇺🇸

Sewe van ons gr. 10-leerders en juffrou Leana Sharp vertrek vandag op hulle groot Akademiese toer na die VSA!

Mag julle ñ veilige reis en ñ absoluut onvergeetlike ervaring hê.

Geniet elke oomblik van hierdie lewensveranderende geleentheid!

Want your organization to be the top-listed Government Service in Rustenburg?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Category

Telephone

Address


Kockstraat 60
Rustenburg
0299